Dwelm- en alkoholmisbruik onder Tieners

Goue reëls vir ouers

Tekens en simptome van dwelmmisbruik

1.  Moet nooit ʼn kind wat lyk of hy/sy onder die invloed is konfronteer nie, wag totdat die middel uitgewerk is.

2.  Stel enige redelike dissiplinêre maatreëls in wat jy meen toepaslik is weens die oortreding van die reëls.

3.  Wees ferm en konsekwent. Moenie toegee aan trane en skuldgevoelens nie.

4.  ʼn Goeie ondersteuningstelsel is noodsaaklik. Dit is nutteloos en afbrekend om aan die mislukkings en tekortkominge van die verlede vas te klou.

5.  Dit dien geen doel om persone wat gereeld in die moeilikheid is weens hulle swak oordeel of gedrag te probeer red of te beskerm nie.

6.  Pynlike ervarings kan ʼn goeie leermeester wees.

7.  Argumente, berisping, uitskellery of dreigemente is metodes wat selde met misbruikers werk. Daadwerklike optrede beteken meer as ʼn aanhoudende gepratery.

8.  Om beloftes, verskonings of ander manipulerende gedrag van ʼn misbruiker te aanvaar moedig bloot verdere misbruik en ontkenning aan.

Die tekens en simptome van dwelmmisbruik wat hier gelys word stem baie ooreen met die normale veranderinge en gedragskommelinge van die tienerjare. Raadpleeg aItyd ʼn professionele persoon as daar enige twyfel bestaan.

·   Skielike onverklaarbare gemoedskommelinge

·   Niekenmerkende prikkelbaarheid en aggressie

·   Aptytverlies

·   Verlies aan belangstelling in sport, stokperdjies en  vriende

·   Afname in skoolpunte

·   Aanvalle van lomerigheid en slapeloosheid

·   Leuens

·   Onverklaarbare verdwyning van geld en waardevolle artikels uit die huis

·   Ongewone reuke, vlekke of merke aan die liggaam en klere

·   Rooi geswolle oë

·   Velirritasies

·   Veranderinge in vriendekring en vaagheid wanneer uitgevra word

Dit maak nie saak wat die oorsake van dwelm- en alkoholmisbruik is nie, wat wél saak maak is dat die misbruik stopgesit word.

 

Kliek asb op die volgende skakels vir meer inligting en steun rakende alkohol- en dwelmmisbruik:

 

www.sancanational.org.za

www.aasouthafrica.org.za

 

 

Kliek op die volgende skakel as u meer inligting verlang oor die voordele wat Discovery Health bied vir die behandeling van dwelm- en alkoholmisbruik:

Discover

 

Sleutelbevindinge volgens middelmisbruik: Januarie tot Junie 2010

Alkohol bly die oorheersende middel wat oor al die streke misbruik word, behalwe in die Wes-Kaap en Noordelike Streek (met inbegrip van Mpumalanga en Limpopo).

 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie raam dat risiko’s wat met alkohol verband hou 2,5 miljoen sterftes per jaar aan hart- en lewersiektes, padongelukke, selfmoord en kanker tot gevolg het – wat 3,8% van alle sterftes uitmaak. Wêreldwyd is dit die derde grootste risikofaktor vir vroeë sterftes en ongeskiktheid.

 

Die onderstaande tabel dui die primêre misbruikmiddel vir pasiënte van 20 jaar of jonger, vir uitgekose middels aan.

 

* Data is saamgestel deur die South African Community Epidemiology Network on Drug Use (SACENDU) se projek.  Bron:  http://www.sahealthinfo.org

 

 

WK

KZN

OK

GT

NS

SS

Getal sentra

22

6

5

17

5

5

Getal pasiënte

3134

1009

878

2684

762

642

Alkohol

7 %

23 %

6 %

13 %

8 %

12 %

Dagga

45 %

65 %

62 %

63 %

65 %

72 %

Mandrax

5 %

3 %

15 %

5 %

0

3 %

Kokaïen

<1 %

<1 %

4 %

1 %

0

0

Heroïen

8 %

8 %

2 %

10 %

20 %

1 %

Metamfetamien

33 %

0

8 %

1 %

0

1 %

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                                                                               

OM NEE TE SÊ VIR DWELMS VERG MOED EN KRAG

                                                               

 

(Bron: NMG Consultants and Actuaries (Pty) Ltd)